Tuesday 29 March 2011

Vandag pak ek my kamer en klere en dinge. Evelyn en pa sal die kombuis takel. Ons vorder goed. Gaan gou vir oulaas my hare sny by Lizelle op die dorp en ook die bakkie laat skoonmaak vir die reis. Hulle laai my goed DV Vrydag en ek voel nou rustiger dat die reelings begin in plek val. Het darem goed geslaap gisteraand, so ek dink die ergste is verby. Toe ek gisteraand 'n skoenboks se deksel oplig, toe le daar 'n klein huis slangetjie lekker opgekrul op die sak binnein. 'n Gilletjie was in orde! Na wik en weeg het ek hom in 'n bottel en die is bottel en al oor die heining. Ergste van alles is dat die boksie op my bed was!!! Ek het alles mooi ondersoek voor ek ingekruip het...

1 comment:

  1. Ek het dalk erens nie mooi gelees, maar waar trek jy nou heen?

    ReplyDelete