Sunday 24 April 2011

Die Heer het opgestaan - Die Heer het waarlik opgestaan! Wat 'n troos dat daar vir ons deur Jesus oorwinning oor die dood behaal is. Dit was werklik 'n geseende paasfees.

Reinette het by ons gekuier die naweek en dis baie lekker om al die stories uit Israel te hoor en die fotos te sien.

Gister het sy my gehelp om van my goed uit die "hok" uit te kry. Ek voel of ek 'n hewige gym sessie agter die rug het! Dit was maklik om die goed uit te dra, maar om dit weer terug te kry is 'n ander storie, en dit nadat ek heelwat groot kartonne daar uit het!!! Gelukkig het ek nog 'n dag om te herstel voor ek weer moet gaan werk. Vanoggend het ek besef ek het nog nie alles gekry wat ek in die hok gesoek het nie bv. my winters skoene... en dit begin nou al kouer en kouer raak hier. Gelukkig het ek darem een paar by my, maar dit gaan nie die ding doen vir 'n hele winter nie - so ek sal maar weer daar in as ek weer moed het en dan sal ek maar vir Edward die tuinman kry om die krag werk te doen!

Pa se eerste week met die "moonboot" (geskeurde ligamente in die enkel) is verby. Dit is maar 'n moeilike ding vir hom om so stil te moet sit!

2 comments:

  1. Ek weet nie of dit gepas is as 'n totale vreemdeling soos ek iets te sĂȘ het nie, maar ek weet dat hierdie tyd jy baie sal terugdink aan jou man en sal regtig veral 3 Mei aan jou dink!

    ReplyDelete
  2. Dankie jong! Ek weet nie regtig wat om te verwag van my gevoelens nie, sal dit maar moet vat soos dit kom. Ek het Gustav op die 2de die laaste keer lewend gesien toe hy in is vir die operasie...

    ReplyDelete