Sunday 3 April 2011




Ek en pa en die 3 honde het toe so 6:15pm weggetrek op Holfontein en ons het gisterogg so 8.30am se kant veilig gearriveer op Robertson. Ons dank die Here vir Sy beskerming op die pad en dat Hy ons die krag gegee het om uit te hou. Ons moes die honde net so 2 keer laat uitklim en dit was goed, want dis nogal 'n storie om hulle te beheer - die 2 kleintjies wil net hardloop!

Plasie het aan die begin nog terug gespring in die bakkie. Weet nie of hy heeltemal besef het dat ons nou eintlik hier gaan bly nie, maar hulle begin darem nou rustiger raak.

Ek en pa begin darem so amper weer mens voel na die harde werk en die langpad bestuur.

Ek sien baie uit na more! My eerste amptelike dag by die werk! Dankie, Dankie Dankie.

2 comments:

  1. Bly julle het veilig gery en sterkte vir die eerste dag by werk en sommer algemene inskakel by nuwe omgewing! Watter werk doen jy?

    ReplyDelete
  2. 'n Stukkie van my hart was die naweek saam met jou op die pad. So bly julle is veilig. Kan nie wag vir ons eerste groot kuier daar by julle almal nie - sal wel seker goeie beplanning kos met almal by wie gekuier moet word. Geniet ma, suster en Tom se kuier by jou. Liefde

    ReplyDelete