So gaan die dae verby en die winter byt vas! Ek probeer my dae meer kleur gee en begin weer die dinge doen wat eens op ‘n tyd vir my lekker was. Janine se dood het my erger geslaan as wat ek verwag het - sommer ou seer opgediep.
Pennie knor as my ma of pa in my kamer inkom as ons “drie” (ek, pennie en plasie) op die bed lê – weet regtig nie wat in haar kop aangaan nie– ek dink sy is nog bietjie verward. Ek sê vir my ma sy moet maar ‘n koekie saam bring as sy wil inkom, maar sy sê Pennie gaan koekie op haar boude kry. Sy dink sy sal my nou maar bel as sy vir my iets wil sê…
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment