Thursday, 28 July 2011

Lekker koel weer, ne? Wel die lente is net bietjie meer as 'n maand weg, so kom ons kyk wat gebeur - dalk nog sneeu!

Wel, Pennie is darem oor haar knorrery en ek maak meer moeite om met haar te speel. Ek wou vir hulle 'n harns koop sodat ons kan gaan stap, maar die medium is te klein vir Plasie en die Large te groot vir Pennie - ai tog, moet ek nou regtig 2 koop? Nog goed wat iewers moet plek kry. Ek gaan nog eers bietjie daaroor dink.

My sussie verjaar vandag! Happy Birthday Ousus!!! Wens ek kon daar wees sodat ons dit kon vier. Ons is nou so naby en tog so ver...

Werk nog baie lekker. Darem nou bietjie besiger. Ek gaan seker nog verlang na die stiller tye. Het by 'n selgroepie aangesluit - lyk of ek lekker daar gaan kan inskakel.

No comments:

Post a Comment