Op Montagu lui die kerk klok wanneer daar begrafnis gehou word. Dis nogal 'n gereelde herinnering aan hoe kort die lewe is.
Onlangs koop ek die nuwe Rooi Rose en daarin kry ek so ‘n ligte slapband boekie genaamd Haaitemmer. Toe ek gisteraand daaraan lees, kom ek by ‘n deel waar die ‘heldin’ Morrungulo (Mosambiek) toe vlug en daar skop my geheue in rat! Ons was ook daar (2005)en sy beskryf die bord met vars brood in ‘n magdom tale wat mens op pad soontoe kry. Snaaks hoe die onthou my omgekrap het. Ek het vanoggend die fotos op die rekenaar opgespoor! Oom Amon Knoetze het gewillig saam getoer – terwyl ons die viswaters getoets het… Ek sit ‘n paar fotos by vir almal wat wil onthou…
No comments:
Post a Comment