Thursday 9 August 2012

Toe ek vandag hoor my vriendin Tannie Ellie se man is oorlede, was ek sprakeloos… Sy het haar CF seun Louis net ‘n maand na Gustav weg is aan die dood afgestaan. Louis het wel sy longoorplanting suksesvol gekry, maar komplikasies net na omtrent 6 mnd ingetree. Om my lewensmaat te “geverloor” het, was een van die ergste ding wat nog met my kon gebeur het. Elke situasie is anders, maar ek sal dit nie vir my grootste vyand toewens nie. Die woorde alleen en eensaam kry nuwe betekenis… Jy is eensaam al is jy nie alleen nie. Om my nuwe “status” as weduwee te aanvaar het nie maklik gekom nie, wat nog te sê gelukkig wees daarmee… Genade, genade, genade. Genade, genade genade. Ja, dit bly genade en die Gees van God wat my kom vul het met sy vreugdes olie. So bly alles relatief selfs ons rou in vergelyking met die groter prentjie en die pyn van hierdie gebroke wêreld. En soms, net soms kan ek nie my klein breintjie om hierdie geharwar van ‘n lewe kry nie. Soos Prediker skryf – alles kom tot niks… Waarheen en waarna jaag ons?

No comments:

Post a Comment