• Longoorplanting 2 Mei
• Gustav sterf 3 Mei
• Rou/Herinnerings diens op plaas Holfontein 7 Mei
• Verassing 11 Mei
• Diens in Gonubie 14 Mei
• Terug op Holfontein 18 Mei

Nou moet ek sê die hele storie voel maar nogsteeds bietjie onwerklik. As dit nie vir die fotos wat geneem is die afgelope paar weke nie, sou ek vir julle kon sê dat dit definitief net een lang droom is en dat ek seker nou enige oomblik gaan wakker word…
Vir julle almal wat so ver gery het vir Gustav se diens op Holfontein en ook in Gonubie - ek kan nie in woorde beskryf hoe dankbaar ek is teenoor julle almal nie - dit beteken regtig baie.
EWENWEL…
My ma-hulle is vanoggend op pad terug na hul huisie in die WesKaap. Baie dankie aan almal wat so vinnig hier was om my by te staan. Nou is dit tyd dat alles wat gebeur het goed insink by my - nou dat almal weg is.
Al wat ek weet is dat ons nie slagoffers is nie en dat ons ook nie so moet leef nie! Ons pak die bul by die horings
en ons weet, dat ons weet,dat ons weet (soos 'n gunsteling tannie van my altyd sê)
ons Vader in die Hemel weet wat hy vir ons beplan...
Ps. Vir julle almal wat so ver gereis het vir Gustav se diens op Holfontein en ook in Gonubie - ek kan nie in woorde beskryf hoe dankbaar ek is teenoor julle almal nie - dit beteken regtig baie. Spesiaal ook vir ouma Lima - dankie ouma dat ouma daar was.
No comments:
Post a Comment