Friday, 28 May 2010

Wat 'n dag!

Wat ‘n dag! Redelik tranerig. (Gelukkig is Plasie altyd by en bereid om te troos – hy is kostelik) Besluit toe op ‘n koffietjie op die stoep en iewers tussen hardloop vir ‘n selfoon en op pad uit, trek ek die voordeur toe en ek besef nou is ek uitgesluit – gelukkig met my selfoon in my hand, maar wat help dit? Ek is in my slaapklere, die elektriese heining is aan en hek gesluit. Wilma vra of sy vir Willem moet stuur en ek sê nee, ek gaan nou maar ‘n venster moet breek. Besluit toe op die stoepvenster van die spaarkamer. Ek korrel nie goed nie en gooi toe (die heel eerste ruit wat ek breek en het gedink dit word so gedoen…) ‘n klip deur die venster, maar toe tref dit 2 venters pleks van 1. Elk geval, ek maak toe die gat waardeur ek moet seil mooi skoon en druk my kop deur. Besef toe so in die proses dat dit nie gaan werk met my kamerjas aan nie en die word toe uitgetrek en oor die raam gesit om my teen krappe te beskerm.. Ewenwel na ‘n redelike indrukwekkende akrobatiese beweging (sooo bly ek was alleen) is ek darem in die huis en sluit toe sommer al die deure oop net om seker te maak dit gebeur nie weer nie…Ek voel al klaar spiere in my rug waarvan ek nie onlangs bewus was nie… Willem kon darem vanaand vir my die vensters terug sit.

Verder het die bakkie se CD speler gister middag opslag geweier om ‘n CD te vat en bly vir my sê “CD In”. Maak toe vanoggend by Toyota ‘n afspraak om daarna te kyk. Moontlik die radio weg te stuur om reg te maak. Klim toe vanmiddag in die bakkie op pad na Toyota en druk ‘n CD in om te kyk wat gebeur en voila daar werk die ding!!! Nou is my drade al redelik dun geskaaf die laaste week agv allerhande uitdagings en dinge. En ek het juis vanoggend toe maar die duiwel hier van my werf af verjaag, want dit voel mos nou of hy al te besig is hier. Die Toyota man het gekyk en kon niks fout kry nie – amper soos as jy dadelik beter voel sodra jy by die Dr se spreekkamer in stap…

Heerlik geeet vanaand saam met Willem hulle en Wilma se ouers. Lekker ontspanne gekuier. Dankie julle.

No comments:

Post a Comment