Goeie raad : probeer vermy om Titanic te kyk as jy net ‘n maand terug die liefde van jou lewe aan die dood afgestaan het…
Ons het vir die eerste keer in die kategese klas van Ds. George Botha regtig ontmoet. Ek het oorkant die aantreklike donker kop gesit, wat oënskynlik al die antwoorde geken het. Dit het my natuurlik beindruk…
Ons het na die tyd gesels en hy wou weet waar ek bly en of hy kon kom koffie drink. Maandag middag toe ek van die skool af kom was hy daar.. Al het ek per ongeluk vir hom verkeerd verduidelik waar my huis is! Dit het gereën. Ek het koffie gemaak en hy was blykbaar redelik beindruk met die gekleurde suiker kristalletjies op die suiker. Ek moes dit mos mooi maak vir my eerste manlike besoeker! Ek onthou nog dat ek gevra het of hy siek is, want hy het gehoes. “Dit is ‘n lang storie” het hy gesê. Waar op ek natuurlik geantwoord het – “Ek het baie tyd”…
Ps. Oom Francois Jooste is eergister oorlede. Hy was Stephne en Tom se Selgroep leier en het ook die pragtige kaste ingebou in ons huis in Gonubie. Ons innige meegevoel aan sy gesin en familie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment