Donderdag vir Natie en Sarel gaan aflaai by die Gautrein, maar kon niks van die treine sien nie. Moet ook nie onnodig daar parkeer nie! Jy betaal ‘n plaas se prys! Om dit te kan sien sal ons die trein maar self moet ry. Ek dink ek gaan dit nog ‘n paar maande gee. Kaartjie verkope en dinge lyk maar nog vir my bietjie deurmekaar of dalk is ek nog net dom daarmee.
Het toe ook Gustav se ongebruikte medisyne gaan aflewer by Jhb Alg hosp – CF Adult Clinic is mos daar. Was moeilik om weer soontoe te gaan. Soveel emosie daarmee saam want ons het baie slegte tye daar beleef – Gustav was so siek daar in 2007. Die mense daar is ongelooflik toegewyd en gaaf en baie gespesialiseerd en bekwaam. Onder andere is Professor Mer daar en Dr. Cathy Baird. Enige iemand met die siekte Sistiese Fibrose moet asseblief daar by hulle uitkom!!!! Moenie wag nie!!! Ewenwel dit was goed en ek kon lekker met Sr Furlonger en Sr Janice Barnard gesels. Gaan nog sleg met Louis, maar hulle probeer nou ‘n nuwe teenverwerpings “drug” op hom! Dis vir my BAIE SLEG! Kan hy nie maar net OK wees nie!!! Hy’s nog so jonk!!! Hy is in dieselfde "surgical icu" waar Gustav oorlede is. Net te close to home...
Gaan bietjie winkels toe saam met Wilma vandag… Nie te koud nie!

Sooo bly oor die reën wat geval het in Gonubie en op Grootboom!!! Nog nodig asseblief op Grootboom vir die damme…
Ek het hierdie gevulde pasta dis gemaak met die hulp van my ma en suster 'n rukkie terug. Was heelwat lekker!! Jy maak die pasta self - so nie lui wees nie...

No comments:
Post a Comment