Donderdag 3 Junie 2010 – was so eensklaps ‘n maand sedert Gustav se dood.
Dit raak iewers aan die onderbewuste toe klein Johann geopereer moet word vir sy blindederm - ‘n maand later op dieselfde dag en tyd wat Gustav oorlede is.
Gelukkig is die mannetjie nou weer tuis en loop alweer rond met sy windbuks..
My verkoue voel darem beter. Het vanmiddag ‘n vleisie gebraai by Wilma hulle. Pragtige sonskyn dag gewees – al is die hart maar seer veral so op die Sondae – seker maar die stil rustigheid daarvan en die onthou wat daarmee saamkom. Dit het gehelp om nie alleen by die huis te sit nie.
Ps. Trots op Temike - in die top 30 uit die 4 provinsies wat deelgeneem het. Baie geluk jong!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment