Sondag was ek saam met Willem hulle kerk toe en daarna is ons na die “Lion and Rino Park”. Was lekker om die groot diere van naderby te sien, al lyk party hokke vir my bietjie klein. Ons het ‘n heerlike vleisie gebraai in die veld en bietjie rondgery. Daarna lekker koffie gedrink by Stoffel en Marieta Heenop wat daar naby woon.
Ou Plasie gaan môre veearts toe sodat hy reggemaak kan word. Hy moet 9:00 daar wees.
Ek het vandag bietjie gewerk in my kantoor. Vanmiddag het die Akzento span kom werk aan my groente tuin. Daar het twee bankies bygekom en pilare vir ‘n kabelheining. Wilma het kom raad gee oor waar wat moet staan. Sal fotos plaas sodra dit klaar is.
Verder kom my sussie kuier vlg Saterdag. Sien baie uit daarna. Sommer bietjie motivering om klaar uit te pak. Darem amper klaar.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment