Uit en Tuis
Ek en my ma hulle het Woensdag deurgery en is veilig by die huis op Holfontein. Is vreeslik lekker om my honde kinders weer om my te hê. Trixie, my ouers se malteser, het die keer saamgery my honde het gelukkig gou aan dié vreemde wit verskynsel gewoond geraak.
Die kuiertjie in die Kaap was verfrissend en ek kon goed uitrus.
Intussen gaan die werk soek voort en ek het ‘n aansoek in die Kaap ook ingedien. Sal maar sien wat word…
Môre gaan ons bietjie kerk toe en verder gaan ons maar lees en laag lê.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment