Monday, 6 September 2010

CS Lewis skryf in sy boekie “A grief observed” van hoe sy emosies/gedagtes en die gang van sy rouporses blyk om in sirkels om en om te gaan. Hy sê hy hoop egter dat dit eerder ‘n spiraal is, maar weet nie of hy besig is om op of af met die spiraal te beweeg nie. Dis vir my ‘n baie raak beskrywing van wat ek beleef. Een dag, dan dink jy, jy is nou beslis in die volgende fase van rou, net om ‘n paar dae later te voel jy is nou weer ‘n paar stappe terug. Dus: - geduld. Hierdie is nie ‘n ding wat mens kan aanjaag of weg wens nie.

Verder begin die lente groen nou stadig maar seker terug kruip op Holfontein.

Gisteraand ‘n lelike kopverkoue ontwikkel. Hoop om dit gou die trekpas te gee!

No comments:

Post a Comment