Sunday, 31 October 2010
Bietjie tuin nat gegooi vandag, want die reen dreig, maar bly nog weg. Gister was ek genooi vir braai by die dam saam met vriende. Lekker gewees, lekker gekuier en heerlik geeet. Vandag net rustig by die huis gewees. Het 2 kussings gestik vir die honde hokke van handoeke en 'n ou duvet opgesny binne. Lyk netjieser as die komberse wat Pennie so elke nou en dan oor die werf versprei. Besig week wat voorle, met voorbereidings vir die naweek se skool kamp se spyseniering. Vertrek Woensdag saam met Natie om dinge daar te gaan reg kry. Dit beloof om 'n interesante naweek te wees met 'n hele paar natuur kenners wat saamgaan. Sal laat weet hoe dit gegaan het. Nou slaap tyd!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment