Tuesday, 26 October 2010

Ek het Saterdagaand die "perd" opgesaal... Navi Red het opgetree by die kerk. Ek het dit regtig baie geniet. Hulle het heelwat pret op die verhoog en hul stem werk is regtig iets om te sien.

Janine het Maandag anti inflamatoriese pille gekry by die vee arts. Sal blykbaar verligting bring vir haar artrites. Ek gaan haar dosis egter verminder, want klink my (vlg. die internet) dat die pille redelik sleg kan wees vir haar niere en lewer! Kan nie wen nie..

Die wind waai darem nie meer so erg nie - dalk sal ons nou bietjie reen kry.

No comments:

Post a Comment