Wednesday, 3 November 2010

Interesant.. Ek het oor die naweek sjokoladesous uitgetoets wat ek moontik vir die kamp wou maak. Toe raak ek nogal lus vir roomys ook en kry toe ‘n resep gemaak met 1 blikkie kondensmelk en 1 koppie room geklits tot sagte punt stadium. Ek het ‘n halwe vanilla pod se saad gebruik om dit te geur. So toe maak ek vir die eerste keer in my lewe roomys! Ek het dit gereeld geklits terwyl dit gevries het, so daar was geen suiker kristalle nie. Bietjie ryk na my smaak. Kortpad kos se roomys resep kry ‘n blikkie idealmelk by, dalk sal dit bietjie minder ryk en soet wees.

Maklike sjokoladesous vir die mikrogolf

60 ml water
30 ml botter
60 ml kakao
60 ml goue stroop
60 ml suiker
5 ml vanilla

Meng alles in groot bak. Mikrogolf vir 3 min op 100 % krag en roer elke minuut. Dan 3 min op 50 % krag.

Ek’s mal daaroor. Ek eet eintlik net roomys agter die sjokolade sous aan…

No comments:

Post a Comment