Monday, 20 December 2010

Sjoe, daar het intussen so baie gebeur... Die onderhoud by die NID. Ek moet erken, dat ek redelik teleurgesteld was toe ek nie die pos kry het nie. Ek was opgewonde oor die idee van 'n "nuwe lewe" begin. Gereed om weer deel van iets te voel. Iets wat rigting en sin gee aan die lewe.

Ek is egter redelik onsubtiel voorberei, met dagstukkies ens soos

"terwyl ons wag op die vervulling van 'n belofte moet daar 'n suiwering plaasvind"

"dis belangrik dat jy die vermoë sal ontwikkel om geduldig en met afwagting te wag.."

" om te leer om goed te wag, is bloot die vermoë om te leer om met die regte ingesteldheid te wag en op God te vertrou. Ware geduld is nie bloot die vermoë om te wag nie; dit is die manier waarop ons dink en optree terwyl ons wag."

WAG, SUIWERING, GEDULD, HOUDING, REGTE INGESTELDHEID, DENKE, OPTREDE

Dis natuurlik baie makliker om dikbek te wees, maar dis beslis nie lekkerder nie.

So ek sal net eenvoudig positief en dankbaar moet bly, maar dis nogal moeilik, want sedert die teleurstelling mis ek Gustav net nog meer, want ek weet hy sou my opgebeur het en na die positiewe kant van die saak laat kyk het. Hy kon altyd vir my perspektief gee in moeilike tye. En nou is dit nog kersfees ook!!

Tog sal ek my beste gee, soos vriend Jan altyd sê!!

Geniet die vakansie!! Mag julle 'n ware Christus fees ervaar.

No comments:

Post a Comment