Gister heeldag in die bed gewees - 'n maagkiem het my "oorval". Maandagaand met koue koors gespook. Ek het probeer met die boererate, maar gelukkig het Natie ingegryp en vir my "Rehidrate", Immodium ens gestuur. Was nogal oulik toe dit hier aankom in 'n "spiderman rugsakkie" saam met 3 klein seuntjies op 'n 4 wiel motorfiets - almal natuurlik met valhelms aan! Wel ek dink die ergste is darem oor. Kon darem weer eet.
Ek leer fluks hoe om Mariet se afdeling te doen by Akzento. Dit het my nogal moeg gemaak daardie eerste 2 aande was ek 8 uur al in die bed! My brein is seker nie meer so gewoond aan so baie aktiwiteit nie...
Janine lyk of sy al meer agteruit gaan. Haar hare val vreelik uit en sy het ook nie eintlik lus vir die borsel nie.
Ek gaan weer die spyseniering doen vir die plaas se jaareindfunksie - enige idees vir lekker bykosse? Ons gaan 'n skaap spit..
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment