Monday, 17 January 2011

Ag nou ja, ek mis vir ou Emmatjie, of Vetsak soos ons haar getroetelnaampie het. Ek het so gehuil toe die Veearts haar uitsit, maar ek dink hy is nou al gewoond aan my, want laas toe ek met Janine daar was het ek net so gehuil, en hy het haar toe nog so 8 maande gegee. Wel, sy hou nog uit. Solank sy gereeld haar kos kry is sy baie happy.
JANINE

Die valkie het nou die aand by my oornag. Haar vlerk was bietjie seer. Ek het vir haar suikerwater en eier gegee met 'n spuit. Die volgend oggend het sy gevlieg. Hoop maar sy het dit gemaak.

No comments:

Post a Comment