Saturday, 29 January 2011

So 'n hoekie van my tuin...

So nou het ek darem ook op die ouderdom van 37 leer grassny - of ek's besig om te leer. My grassnyer is nou weer op sy wiele en ons leer mekaar nou ken. Dit was net een van daai masjiene waarvan ek so ver as moontlik af gebly het, nadat ek eenkeer as kind 'n klip teen die been gekry het toe my pa besig was om gras te sny. Ek het darem nou my vrees oorwin en gelukkig vat hy darem nie te moeilik nie EN ek het uitgevind dat mens nogal 'n goeie oefen sessie so met die grassny saam kan inkry. Die ergste oerwoud in nou getem, en nou moet dit net gereeld gesny word!

Wyse woorde deur my ousus aangestuur...

"I can choose to accept or resist my grief, but I cannot end it, and I would not want to, because grieving is the other face of love; it is the inevitable consequence of change.. of life"

No comments:

Post a Comment