Ek maak nou 'n punt om Sondae kerk toe te gaan die laaste ruk, al is dit ver, en ekstra kilos op die klok. Die kerk het nou 'n 2de diens nl 10:00 en pas dit my uitstekend, want ek kan steeds laat slaap - 8:30 was net te vroeg, want dis omtrent 40 min se ry daarheen. Dit was weer 'n opname vir RSG en word blykbaar die 13 Mrt uitgesaai. Ds Pelser het oor Hoop gepreek - iets wat so baie van ons in hierdie dae kort. "We've got a sacred responsibility to spread hope". Besef ons dat dit waaroor ons negatief is, dalk iemand anders se laaste hoop is?
Wel ek kry nou sommer 2 preke op een dag, want ek luister ook die RSG diens oppad in... Net so goeie diens gewees - uit George - ek dink Koos v d Merwe...
Ek het die fliek "The Speech" gaan kyk. Goed gedoen, maar sal dit weer moet kyk, want ek het van die kwinkslae gemis en daar was nie iemand wat ek kon vra "wat het hy gese nie?" Dis nou die probleem as mens alleen gaan fliek... Ewenwel, dit gee mens groot simpatie vir iemand wat hakkel en mens hou in die fliek sommer saam asem op dat hy (dis nou King George VI) tog net die woorde sal uitkry!
Ek het nog 6 populier boom steggies geplant gister. Ek hoop hulle het nog kans om te groei/vat voor die eerste ryp opdaag! Het dit eintlik te laat gelos, maar ek en die tuinier het opgesien na die gate wat gegrawe moet word.
Ek hoor die weer bou alweer op hier buite. Dalk kry ons nog reen. Beslis nie droog hier by ons die Somer.
Iets wat ek geskryf het nou die dag...
Sê vir my…
Daar waar jy nou is,
Is daar rus?
Daar waar jy nou is,
Is jy bly?
Daar waar jy nou is,
Is jy vry?
Sê vir my?
Sien jy my…?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment