Thursday, 3 March 2011

Ek en Marietha het 'n heerlike oggend by Margret Roberts se plek gehad. Nie te baie plante te koop nie, maar 'n rustige omgewing en lekker kaaskoek en baie feetjies...Wonder of daar mense is wat regtig in feetjies glo? Party van hulle lyk egter nie te vriendelik nie. Haar tuine is egter baie mooi.

Ek het gister al die klein Tobramycin botteltjies wat Gustav opgegaar het gaan weggooi by die hospitaal. Ek vergeet eintlik heeltemal hoe vreeslik siek Gustav was... ek dink en verlang na hom as 'n gesonde mens...

No comments:

Post a Comment