Thursday, 3 February 2011



Met die dat hulle vandag bietjie die "gras" hier buite die huis kom tem het, lyk dit amper of ons kan rugby pale opsit hier buite. Ek het Maandag voor buite die hek gesny - met 'n gesukkel, want dit was baie lank. Mens weet ook nie eintlik waar om op op te hou nie... Gelukkig gaan my kragte ook net sover, anders het ek seker tot bo by die ingang gesny!! Ek probeer darem iets doen en aan die gang bly. Sukkel nogal weer met die hartseer deesdae. Snaaks ek besef nou eers dit was die 3rd vandag. Ek is nie bewustelik op die datum ingestel nie - ek soek eintlik net rede hoekom dit nou weer skielik so betraand met my gaan... My pa was vandag in vir 'n klein breuk regmaak operasie - kan dit ook wees - die onder bewussyn.. 'n Blog van 'n man wat sy vrou verloor het aan kanker het my opnuut herinner dat ons in die "nou" moet leef. Bewustelik moet leef. Ek werk daaraan...

No comments:

Post a Comment