
ROU/LIEFDE
Ok… Ek mis my vriend van 20 jaar…
Mis om sy oproep te kan verwag of hom te kan bel as ek iets wil vertel of sommer net.
Dan vang sy oog myne van agter die glas in die raam langs my bed en dit skeur weer iets los
Ek steek dan ‘n kers daar aan en trek die lyne van sy gesig na - so asof dit my/hom nader sal bring…
Is daar ‘n naam vir hierdie toestand
Die drie letter woord - rou - klink so vlak, so ontoereikend om die diepte en intensiteit van hierdie emosie vas te vang. Ok, ek weet rou is die proses, maar prosesse klink so teoreties..
Ek wil dit eerder LIEFDE noem. ‘n Liefdes Seisoen. ‘n Toestand van die liefde - inherent deel van ons lewensraamwerk..
Verder gaan die lewe aan…
Ons vier verjaarsdae; sien met verwagting uit na babatjies om gebore te word; seuntjies skiet mossies met die windbusk en neem net ure later ‘n optel baba duifie aan wat mamma met die spuit Pronutro voer vir die wis en die onwis; ons kyk rugby eindstyd en braai ‘n vleisie en eet gesellig saam; sien die prag in die natuur - ervaar die aanvang en koud van die nuwe winter; ons speel met geniepsige baba hondjies, skop bal saam met klein witkop seuntjies en gaan shop saam met jonge dames vol idees en energie;
Verder gaan die lewe aan…
No comments:
Post a Comment