
UITGESORTEER
Die kantoor is nou geskuif na die spaarkamer. Was ‘n goeie manier om my aan die gang te kry om los papiere deur te gaan en te liaseer en aksie te neem waar nodig is. Lyk sommer netjies, al moet ek dit nou self sê. Ook darem meer knus as die groot sitkamer. Ek dink Gustav sou lekker hier gewerk net – jammer ons het nie vroeer daarby uitgekom nie.
Het nou vir die honde ‘n proef “selfvoerder” by Carina geleen. Nou hoop ek nie ek kom een oggend buite en Emma het ontplof nie! Sy gaan baie vet word – sal haar moet dop hou – ek dink sy is ‘n emosionele eter...
No comments:
Post a Comment