Nou het die verkoue my regtig ondergekry. Gister heeldag binne gebly en gerus. Voel darem vandag beter.
Heerlike sonskyn dag hierso en mens wil net buite in die sonnetjie wees. Ek het ook gisteraand weer my breiwerk opgetel. Voel so klein bietjie normaal... Mooi CD gekry by Reinette - Romanz se Ek sal getuig.
Eergister aand het Wilmerie en Wilcu by my gekuier terwyl Johann in was vir sy operasie. Wilmerie het Lewens Orientering geskryf die vlg dag en daar moes geleer word!! Ek het haar so bietjie gehelp en sy het baie hard gewerk. Hoor sy het 87% gekry! So trots op haar!! Sien harde werk "pays off". Johann is darem beter na sy blindederm operasie en ons hoop hy kom vandag uit die hospitaal uit.
Klein Temieke van Rika en Deon neem vandag deel aan die South Zone National Challenge (gimnastiek) in Stellenbosch. Ek hou styf duim vas. Sal julle laat weet hoe dit gegaan het..
Ek lees op Alice (het nou al 2 jaar nuwe longe en dit gaan uitstekend) se blog dagt Louis Badenhorst - Gustav se CF vriend met nuwe longe - baie siek is ICU met verwerping. Hy is blykbaar nog op die ventilator, maar dit gaan al beter. Dit was vir my baie sleg om te hoor. Baie ontstellend. Hy het sy longe seker so 6 maande en dit het soooo goed gegaan met hom. Ek wens hom soooo alles wat mooi is toe - hy is verloof en het 'n nuwe werk begin en - tot Gustav se vreugde(dink dit het iets met vry voel te doen)'n nuwe motorfiets gekry!! Mag hy ten volle hersel. Kan nie hom ook nou verloor nie!!!!
Alice en Trevor Gird het van die selfde skenker af onderskeidelik longe en hart ontvang. Ons is almal hartseer, want Trevor se liggaam het sy nuwe hart verwerp en sy begrafnis was nou die 26ste Mei. "He was a brave soldier".
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment