Sunday 13 June 2010

Louis

Louis se ma het toe vanoggend laat weet dat hy oorlede is gistermiddag. Ek was kerk toe vanoggend en toe ek uitkom het ek die sms gekry. Dankie Tannie Ellie dat jy laat weet het.

Dis die tweede slegste nuus wat ek kry die jaar... Louis was 'n wonderlike mens wat tyd gehad het om met almal vriendelik te wees en 'n grappie te maak! Hy was lief vir lag en om ander te laat lag en hy het in die kort tydjie wat ek en Gustav hom geken het vir ons baie beteken! Gustav het hom vreeslik geniet en kon hoop put uit Louis se manier en ook toe Louis die oorplanting gekry het.

Al wat ek verseker weet is dat hy die beste uit daai nuwe paar longe gehaal het die rukkie wat dit hom gegun was!

Baie sterkte aan al sy vriende en famielie! Ons gaan hom baie mis!

1 comment:

  1. Dis nooit lekker om sulke nuus te hoor. Dit bring die hartseer weer stern na vore..... Dink aan jou. Liefde L

    ReplyDelete