Monday, 21 June 2010










Vir my verjaarsdag het ons 'n heerlike ete gehad by 'n restaurant in Parys. Ek was geseën met die geselskap van Tannie Kiepie en Ben, Johann en sy gesin en Tom en Stephne. Dankie Hanlie vir die puik voorstel. Die lamskenkel wat ek bestel het was heerlik en die peer was in 'n Chardonnay jellie. Alles baie smaaklik en besonders voorgesit! Dankie vir almal wat daar was en dat julle my so bederf het!

Ek moes vanoggend vir Tom en Stephne deurvat Gautrein toe vir hul terug reis OL toe. Die laaste paar dae was nogal emosioneel moeilik vir my en om hulle te moes groet het glad nie gehelp nie!! Dankie julle 2 vir die kuier en al die bederf!

No comments:

Post a Comment