Tuesday, 6 July 2010
Jy het my arms hoog gehou
My aangemoedig na hoër hoogtes
My vrese besweer en uitgedaag om my “reuse” in die oë te kyk
Jy het my geleer dieper kyk na dinge
‘n Breër visie en toekoms perspektief
Jy het my geleer wat geloof is
My verseker dat daar sal genoeg wees
Jy het my plekke gaan wys
Saam dinge laat doen
Jy het my laat lag en altyd probeer opbeur as ek hartseer was
As ek gesê het los my uit het jy gesê: Nee, ek sal nie
Jy het laat ons dinge uit praat daar en dan
Jy het my gewys waarop dit werklik aankom in die lewe
Om nie te stress oor die klein dingetjies nie
My geleer wat liefde is en hoe om ander te dien
Jy het my deursettings vermoë geleer en om nooit op te gee nie
My geleer van ware vriendskap...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment