Tuesday 13 July 2010

Anna is darem vandag hier om te help in die huis. Ben maak die groente tuin mooi met gesiggies wat ek Saterdag gekoop het.

Die laaste paar dae is ek soos 'n volstruis met my kop in die gat. Ek loer net so nou en dan versigtig met 'n halwe oog uit. My hart pyn so die laaste ruk, dat ek hom graag sou wou uit haal en net 'n rukkie eenkant sit sodat my lyf net kan rus van die hartseer.

Ek het vanoggend my "nuwe ou" lessenaar in orde gekry. Hopelik sal dit nou beter/ordeliker gaan in die gebied.

Die kombuis kaste loop oor en ek moet nou gaan orde skep en plek maak in die gangkas...

1 comment:

  1. Liewe Marlene
    Jy bly elke dag in ons gedagtes en gebede.
    Liefdetjies
    T. Irma

    Soms..

    Soms het jy nodig om tot stilstand te kom om jou siel te vind.
    Soms het jy nodig om te huil oor wat jy verloor het
    & soms moet jy lag oor wat God vir jou wil gee.
    Soms is die gisters vol hartseer maar die môres vol nuwe beloftes.
    Soms moet jy leer dat God met liefde mense na jou stuur om jou lewe te verryk.
    Geseënde Dag saam met GOD wat nie Soms is nie maar Ewig

    ReplyDelete