Saterdag ‘n lekker 10 km fietsry by Wilmerie se skool gedoen. Dit was nou iets bietjie buite die normale. Ek is nou nie vreeslik aktief die laaste tyd nie…Gelukkig het ons stadig gery en dit was toe nie ‘n marteling nie.
Ek was Sondag kerk toe en daar na by Cum boeke twee nuwe boeke Verlies, Pyn en die verwerking daarvan – Rassie van Niekerk en Vreesloos – Max Lucado. Altwee baie goed, maar ek sal dit weer moet lees sodat alles mooi kan insink…
Die twee nuwe bome buite my erf is geplant – ‘n kurk akker en ‘n plataanboom. Altesaam nou 6 bome geplant en heelwat rose. Ek hoop die bome sal groot hoogtes bereik…
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment