Saturday, 13 November 2010


Die naweek vier ons saam met Sarel en Natie hulle 20 jaar op die plaas. Voorwaar 'n mylpaal - baie geluk! Ek het gister vir hulle 'n paar aspersie terte en 'n hoenderpastei gebak wat Natie iewers oor die naweek kan uithaal vir die familie wat kom kuier.

Was nie gisteraand lus gewees vir alleen wees nie, en het by Wilma gaan kuier oor 'n pizza en glasie rooi wyn. Willem hulle plant nog aartappels tot laataand.

Voel nogal weemoedig die laaste paar dae. Mis my "soulmate". Voel alleen al is daar soveel wonderlike mense om my en al gaan dit eintlik so goed met my.

Daars 'n nuwe perdjie op die plaas - seker so 3 weke...

No comments:

Post a Comment