Tuesday, 16 November 2010

Sagte reen wat hier val vanaand... Goed vir my plantjies. Die groente in die tuin begin ook nou goed opkom. Sal later fotos plaas as dit meer "daar" is.

Die kinderstorie van die perdjie Massimo op RSG laat my so baie aan die nuwe pertjie hier op die plaas dink, te oulik.

Ek geniet ook die boek voorlesing van Vier Seisoene Kind deur Wilna Adriaanse. Kan nogal partykeer "relate" met 'Kato'. Haar man is in 'n motor ongeluk dood. Wens ek kon die boek in die hande kry, maar nou ja, dan was die lekker ook vinnig oor, want ek sal hom vat en seker nie kan neersit nie. Darem iets om na uit te sien elke dag - die voorlesing...

No comments:

Post a Comment